Ledevergaderings

Ons lede soek ook na geleenthede waar hulle informeel kan kuier saam met ander jagters. Dis dan presies wat lede aande bied.

Daar is 'n kort formele sessie waar die administrasie afgehandel word, soos terugvoer oor skietuitslae, toekomstige skietkompetisies, ens. Ons ook gereelde sprekers wat oor 'n wye reeks onderwerpe kom gesels. Hierdie onderwerpe word deur die lede voorgestel tydens sulke ledeaande. Na die "toesprake" kuier en braai ons saam, dikwels tot baie laat...

Ons vind ook dat al meer jagters hulle families begin saambring. Dit is regtig iets wat ons aanbeveel en wil bevorder.

Ons vind dat sodra "vroulief" sien met wie die jagter so graag wil kuier en self hoor en sien wat tydens so 'n aand gebeur, sy baie meer gemaklik raak met die lid se deelname aan die tak se aktiwiteite. Wat dan ook gebeur, is dat die dames naderhand self begin skietbaan toe kom - net wat ons wil hê!

Ons sosiale vergaderings word gehou 19:00 op die eerste Donderdag van die maand by Hamba Nawe (voorheen Marlieu-saal), Pomonaweg, Pomona. Die saal is sowat 500m oos van die Pomona-afrit van die R21. Na die vergadering word daar gebraai - pap & sous en slaai word voorsien en 'n kontantkroeg is beskikbaar.

Aanwysings na Hamba Nawe

 

 

Tak Aktiwiteite

  • Skietaktiwiteite

    Takskietdae Ons tak skietdae word gehou op die Rooikraal-skietbaan. Hieronder is ‘n kaart en koordinate. Verwys asb. na die takkalender Read More
  • Ledevergaderings

    Ons lede soek ook na geleenthede waar hulle informeel kan kuier saam met ander jagters. Dis dan presies wat lede Read More
  • Opleiding

    Toegewyde Jagter, Toegewyde Sportskut en Baanoffisier opleiding word op 'n adhock basis aangebeid sodra daar behoefte is. Kontak asb. die Read More
  • Vleisverwerking

    Op 14 Oktober het Pieter, Johan Jansen en Hendrik de Beer die vleisverwerkingskursus aangebied aan sowat 25 belangstellendes. Vroegoggend, is Read More
  • 1

We have 267 guests and no members online