Ererol

Hierdie lede van Oosrandtak het uitsonderlike bydraes gemaak aan die tak en is vereer met toekennings van die Vereniging en die tak

Pour le Merite: die hoogste toekenning van SAJWV

Orde van die Buffel:

Goud: vir uitsonderlike bydrae op nasionale vlak
Silwer: vir uitsonderlike bydrae op streek vlak
Brons: vir uitsonderlike bydrae op tak vlak

Goue Nyala: 'n taktoekenning vir uitsonderlike hulp of bydrae aan 'n medejagter

Orde van die Buffel Brons

Douw Smuts

Douw het ‘n passie vir veerwildjag. Hy is een van die samestellers van die haelgeweeropleidingsboek. Douw het praktiese kennis van haar- en veerwildjag asook hengel

Erich Schmidt

Vir sy daarstelling van ongeëwenaarde kommunikasie as redakteur in die Kolskoot, stigter van die jagfoto kompetisie en uitbou van verhoudings met plaaslike besighede as borge.

Hans Strydom

Oom Hans het 10 jaar ononderbroke komiteediens

Johan Jansen

Johan is die samesteller van die taktrofeeregister. “Oupie” het diep kennis van die natuur en wild en word as mentor gevolg

Stefan de Klerk

Stefan lewer puik diens as taktesourier. Hy ondersteun altyd bewaringsaksies en skietaktiwiteite. Hy is 'n onselfsugtige mens is wat altyd bereid is om sy tyd, kennis en vermoëns aan te wend om ander te help.

Stoffel van Aswegen

Stoffel skep en onderhou die tak se webblad en kommunikasie. Hy lewer gereeld ondersteuning by takaktiwiteite

We have 74 guests and no members online