Ererol

Hierdie lede van Oosrandtak het uitsonderlike bydraes gemaak aan die tak en is vereer met toekennings van die Vereniging en die tak

Pour le Merite: die hoogste toekenning van SAJWV

Orde van die Buffel:

Goud: vir uitsonderlike bydrae op nasionale vlak
Silwer: vir uitsonderlike bydrae op streek vlak
Brons: vir uitsonderlike bydrae op tak vlak

Goue Nyala: 'n taktoekenning vir uitsonderlike hulp of bydrae aan 'n medejagter

Orde van die Buffel Silver

Cassie Nienaber

Vir sy uitgebreide komiteediens, suksesvolle organisasie van streekskietkompetisies en deskundige opleiding en meedeling van herlaaikennis en -ervaring.

Deon Stassen

As Snr Opleidingsbeampte, het Deon en sy span meer as 500 Toegwyde Jagters opgelei. Deon was ook betrokke by die maak van ‘n video oor karkasbenutting

Hendrik de Beer

Hendrik lewer uitstekende diens tot opleiding. Hy het 'n wye kennis van die natuur wat hy graag deel

Mike Retief

Mike word beskou as die “pa” van die haelgeweergroep. Hy was instrumenteel in die samestelling van ‘n haelgeweeropleidingsboek en inisieer ‘n voëlvleisverwerkingskursus

Pieter Claassens

Pieter is passievol oor jag. Hy was ook betrokke by die maak van ‘n video oor karkasbenutting. Pieter se rol as takvoorsitter dra uniek by tot die tak se sukses

Wesley Snyman

Wesley het ‘n passie vir junioropleiding. Hy is die voorloper van junior intertak-skietkompetisies

We have 80 guests and no members online