Ons is die Oos-Rand tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.
Die Oos-Rand tak het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die SAJWV se Top 1000 Kampioen toekenning gekry!
Ons hou maandelikse skietoefeninge vir al die SAJWV se skiettabelle. Ons bied ook verskeie kursusse onder andere die “Bekwame Jagter” (insluitend wetsaspekte, noodhulp, spoorsny, ens.), “Kuipslag” (hoe om die bok af te slag) en ‘n vleisverwerkingskursus. Ons is ook sterk besig met opleiding van juniors om die vaardighede en kultuur van jag, skiet en bewaring in die toekoms te verseker. Die tak spog ook met spesiale belangegroepe vir Haelgewere en Boogskiet.
Dan is daar ook Herlaaivereniging van Suid-Afrika sowel as LERA SA wat die belange van die Britse Lee Enfield .303 en hul eienaars bevorder.
Ons vergader elke eerste Donderdagaand van die maand in Pomona, Kemptonpark waartydens taksake eers afgehandel word en daar dikwels dan gassprekers oor verskeie onderwerpe ons toespreek. Daarna volg ‘n sosiale braai. Kyk op die kalender vir die datums, tyd en kaart.