Vleisverwerking
Op 14 Oktober het Pieter, Johan Jansen en Hendrik de Beer die vleisverwerkingskursus aangebied aan sowat 25 belangstellendes. Vroegoggend, is die kursusgangers is verwelkom met koffie & beskuit terwyl die aanbieders die vleis en toerusting voorberei het. Vir sommige mense (hello Yvonne!), was die reuk van rou vleis vroeg in die more een te veel...
Eers is daar gedemonstreer hoe die basisvleis berei moet word en toe word daar salamis gestop. Die kursusgangers het self hul eie salami gestop. Terwyl die salamis besig was om te kook, het almal heerlik gesmul aan 'n baie lekker ontbyt, waarna die salamis opgehang is om af te koel. Toe is daar russians & cheese grillers gestop. Pieter het almal se monde laat oophang met sy bedrewe manier om wors te vleg.
Met die afloop van die demonstasies, kon die kursusgangers die lekkernye koop en is alles baie gou opgeraap!
Groot dank aan Pieter, Johan, Hendrik, ander helpers en Hamba Nawe vir 'n waardevolle, suksesvolle en smaakvolle kursus. Sien julle volgende jaar!